ATKV

17.4K posts

ATKV banner
ATKV

ATKV

@ATKVSA

Twiet jou vere los! Kom gesels met die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging: hier's hope jêm vir gladdebekke.

Beigetreten Ekim 2011
902 Folgt17.5K Follower
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Die RSG/ATKV-Kuierkol by die KKNK is die ideale plek om jou feesvoos voete te rus. Kom geniet ’n optrede, luister na ’n gesprek wat jou laat nadink, of gesels sommer saam. Hier word kultuur nie net beleef nie – dit word geleef. #Afrikaans #kknk #ATKV
ATKV tweet media
Nederlands
0
0
0
56
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Die ATKV wens jou en jou geliefdes ’n geseënde Paasfees toe. #Afrikaans #Paasfees
ATKV tweet media
Nederlands
0
0
0
34
ATKV
ATKV@ATKVSA·
By die RSG/ATKV-Kuierkol in Baron van Reedestraat by die KKNK wag daar elke dag nuwe verrassings. Van opwindende optredes tot interessante gesprekke – hier ontmoet mense mekaar, deel stories en vier die unieke gees van die KKNK se 30ste bestaansjaar.
ATKV tweet media
Nederlands
0
0
0
49
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Kom maak ’n draai by die RSG/ATKV-Kuierkol en ervaar self waarom hierdie samewerking ’n hoogtepunt op die feeskalender is. Die ATKV en RSG kan nie wag om jou te verwelkom nie en om saam met die KKNK se 30ste bestaansjaar die kreatiwiteit van ons gemeenskappe te vier. #Afrikaans
ATKV tweet media
Nederlands
0
0
1
31
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Die RSG/ATKV-Kuierkol is ’n weerspieëling van wat die KKNK oor 30 jaar heen so besonders gemaak het: samehorigheid, kreatiwiteit en ’n diep verbintenis tot kultuur. Dit is ’n uitnodiging aan elke feesganger om voluit te fees, te luister, te lag en saam te droom. #Afrikaans
ATKV tweet media
Nederlands
0
0
0
44
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Benewens die Kuierkol kan feesgangers ook ’n draai maak by die ATKV-Boeke-oase – ’n rustige toevlugsoord waar die liefde vir lees en skryf sentraal staan. Skrywers en lesers kom bymekaar, idees word uitgeruil en die krag van die geskrewe woord word opnuut bevestig. #Afrikaans
ATKV tweet media
Nederlands
0
0
1
42
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Die RSG/ATKV-Kuierkol bied daagliks iets vir die jongspan. Kom lees saam met Bazoo, die vriendelike bergskilpad, en kom luister na Oom Karoolus en Lente se stories en liedjies. #Afrikaans #kknk #ATKV
ATKV tweet media
Nederlands
0
0
0
52
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Die RSG/ATKV-Kuierkol vier vanjaar die KKNK se dertigste verjaardag met 'n oase van kuns, kultuur, musiek en vermaak vir die hele gesin. Kom kuier en klets daagliks saam met jou gunsteling-RSG-omroepers vanaf 28 Maart tot 4 April in Baron van Reedestraat. atkv.org.za/media/nylptbh2…
ATKV tweet media
Nederlands
0
0
0
39
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Vandag vier ons Wêreldteaterdag met die krag van stories, die towerkuns van die verhoog en die ongelooflike talent wat in gemeenskappe regoor Suid-Afrika leef. #Afrikaans
ATKV tweet media
Nederlands
0
0
1
36
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Vandag vier ons Wêreldteaterdag met die krag van stories, die towerkuns van die verhoog en die ongelooflike talent wat in gemeenskappe regoor Suid-Afrika leef. #Afrikaans
ATKV tweet media
Nederlands
0
0
1
33
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Die negende Adam Small-fees het sy regmatige plek op die feeskalender uitgekalwe – ’n viering wat diep gewortel is in Pniël se mense, geskiedenis en kultuur. Hier het die stem van Adam Small, tien jaar ná sy heengaan, weer helder geklink. atkv.org.za/nuus/posts/ada… #Afrikaans
Nederlands
0
0
1
29
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Die ATKV-Kinderboektoekennings was onlangs by die Wes-Kaapse Biblioteekbestuurders se opleidingsessie in Saldanhabaai. Hierdie unieke projek gee kinders die kans om self oor hul gunstelingboeke te oordeel en sodoende leeslus aan te wakker. atkv.org.za/nuus/posts/atk… #Afrikaans
Nederlands
0
0
0
30
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Die ATKV-tak Sommer Net Ons het saam met plaaslike Khoi-leiers, kultuurdraers en gemeenskapsorganisasies ’n betekenisvolle ruimte geskep waar nuwe lewe aan tradisie, storievertelling en dialoog gegee was. Lees hier meer: atkv.org.za/nuus/posts/atk… #Afrikaans #takke #gemeenskap
Nederlands
0
0
1
39
ATKV
ATKV@ATKVSA·
By die ATKV glo ons dat menswaardigheid, onderwys, vryheid van beroep en vryheid van assosiasie die fondament vorm van jou reg om die beste weergawe van jouself te word. Daarom bou ons platforms waar mense kan leer, skep, droom en leef. atkv.org.za/nuus/posts/vie… #Afrikaans
Nederlands
0
0
0
63
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Stories is meer as vermaak. Dit is geheue, identiteit en verbintenis. Van grottekeninge tot bemarkingsveldtogte – die kuns om te vertel, hou ons menslikheid lewendig. Op Wêreldstorieverteldag vier ons die krag van stories wat ons inspireer. atkv.org.za/nuus/posts/wer… #Afrikaans
Nederlands
0
0
0
45
ATKV
ATKV@ATKVSA·
Jong skrywers uit die Dwarsriviervallei het hul stemme laat hoor by die 9de Adam Small-fees. Van toekomsdrome tot diep emosionele ervarings – die ATKV-skryfwerkswinkels het ’n platform geskep waar leerders hul hartsverhale op papier kon plaas. atkv.org.za/nuus/posts/ada… #Afrikaans
Nederlands
0
0
0
50
ATKV
ATKV@ATKVSA·
By die 9de Adam Small-fees het die ATKV en VVA se Ommietafelgesprek die evolusie van radio en joernalistiek bespreek. Frazer Barry het met skerp vrae gesels met radiostemme Martelize Brink, Crystal Orderson en Lynden Jafta. atkv.org.za/nuus/posts/vva… #Afrikaans #radio #ommietafel
Nederlands
0
0
1
39
ATKV
ATKV@ATKVSA·
“Indien jy met sorg die wel en weë van Meyer se karakters gevolg het, gaan hierdie boek vir jou dieper insigte gee en jou senuwees aan flarde ruk,” skryf Jacques Myburgh in sy resensie van Deon Meyer se nuutste Bennie Griessel-roman, ‘Skorpio’. atkv.org.za/nuus/posts/sko… #Afrikaans
Nederlands
0
0
0
50