Thuggedoutminion
405 posts




Gelukkige Stigtingsdag! 6 April 1652: Aankoms van Jan van Riebeeck Die opperstuurman van die Drommedaris het om 14:30 op 5 April 1652, Tafelbaai die eerste keer gewaar. Dié skip was een van die drie skepe waarmee kommandeur Jan van Riebeeck op 6 April 1652 aan Tafelbaai geland het om 'n verversingspos vir die VOC te stig. Die ander twee skepe was De Goede Hoop en die Reijger, wat hulle om 04:00 die volgende oggend by die Drommedaris aan die Kaapse kus aangesluit het. Die skepe was op 6 April naby die kus vasgemeer, terwyl Adam Hulster, die boekhouer, en die onderstuurman, Aernt van leveren, per sloep vertrek het om Tafelbaai te verken. Hoewel Jan van Riebeeck en sy geselskap nie self op 6 April 1652 aan die Kaap voet aan wal gesit het nie, het hy self hierdie dag as die verjaarsdag van die nedersetting beskou.




espresso by sabrina carpenter.






























