AJ Opperman

10.1K posts

AJ Opperman banner
AJ Opperman

AJ Opperman

@AJOpperman

Kunsjoernalis /Arts journalist Netwerk24

Johannesburg Katılım Ekim 2011
1.9K Takip Edilen2.4K Takipçiler
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die Suid-Afrikaans gebore skrywer Gillian Slovo is vandag 74. Haar ouers was die vryheidsvegters Joe Slovo en Ruth First. Sy is die middelste van drie dogters en is in Johannesburg gebore. Die Joodse Slovo-gesin het in Roosevelt Park, Johannesburg, gewoon en in 1964 het hulle na Engeland verhuis. Slovo het aan die University of Manchester gestudeer en as ‘n joernalis en televisievervaardiger gewerk. Sy is die skrywer van boek soos Red Dust en haar memoire, Every Secret Thing: My Family, My Country, het in 1997 verskyn. Haar roman Ice Road, wat in 1933 in Leningrad afspeel, het die kortlys vir die Orange-fiksieprys gehaal. Sy is ook ‘n dramaturg en was voorheen die president van PEN International se Engelse sentrum. Sy het ‘n dogter, Cassie.
AJ Opperman tweet mediaAJ Opperman tweet media
Nederlands
2
13
54
5.3K
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die akteur Hannes Brümmer is vandag 47. Hy het ’n BA-graad in drama aan die Univeristeit van Pretoria (UP) verwerf en is ‘n televisieskrywer en komediant. Hy is ‘n aanhanger van Star Wars en rockmusiek. Hy het in 2019 ‘n Safta-prys ontvang vir sy rol in die kykNET-komediereeks Elke skewe pot. Hy het verskyn in reekse soos Kompleks, Straat, Die spreeus, Amalia, Een skoenlapper en Die vlieënde Springbokkie. Hy is eerdaags op die KKNK met Jammer vir die podcast.
AJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
3
81
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Fidel luister na Loof die Here op RSG.
AJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
2
32
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die akteur Matt Stern sou vandag 55 word. Hy is op 26 November 2025 aan ’n hartaanval oorlede. Stern, wat in reekse soos Banana Air, Plek van die vleisvreters en die sepie 7de Laan verskyn het, het in 2022 weens hartfibrillasie 41 dae in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria deurgebring. Stern, wat met ’n lekkende hartklep gebore is, het toe ’n pasaangeër ontvang en 12 kg verloor. Hy het in 1996 ’n nasionale diploma in musiekteater aan die destydse Technikon Pretoria – vandag die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie (TUT) – verwerf en in 2023 ’n Afri-Indie-musiekprys vir die beste klassieke enkelsnit vir sy weergawe van Giacomo Puccini se operatreffer “Nessun Dorma” ontvang. Stern is gebore as Louis Matthys Smit en is een van drie broers en kom uit ’n militêre familie. Benewens sy rol in die 2000’s in 7de Laan as die booswig Kurt Conradie, wat Wilmien (Nina Swart) gyselaar gehou het, het Stern opgetree in teaterproduksies soos Jock of the Bushveld, Tree aan, Ons vir jou en flieks soos District 9 en Invictus. Hy het ook gereeld Elvis Presley se musiek uitgevoer. Stern se ander optredes sluit in die teaterproduksies Les Misérables, Into the Woods, Grease en The Rocky Horror Show. Hy het in 2000 Suid-Afrika in die Wêreldkampioenskap vir uitvoerende kunste in Hollywood, Los Angeles, verteenwoordig. Hy het een dogter.
AJ Opperman tweet mediaAJ Opperman tweet mediaAJ Opperman tweet mediaAJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
6
103
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die aktrise en aanbieder Magda van Biljon, wat lank die kindertelevisieprogram Wielie Walie aangebied het en in reekse soos Agter elke man en Samaritaan verskyn het, is vandag 80. Sy was getroud met die akteur Zack du Plessis, wat in 2011 oorlede is. Hulle het twee kinders, Wénèf en Bernice, en vier kleinkinders. Van Biljon is gebore in Alberton, waar haar oupa ‘n orrelis was, en het aan Helpmekaar Kollege gematrikuleer en het twee keer aan die Universiteit van Pretoria (UP) gestudeer. Sy het drie jaar skoolgehou en haar eerste pos was in Phalaborwa. Toe sy die tweede keer op Tukkies geswot het, het sy Du Plessis ontmoet toe hulle toevallig in dieselfde woonstelblok gewoon het.
AJ Opperman tweet mediaAJ Opperman tweet mediaAJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
5
172
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die sangeres Rina Hugo is vandag 77. Sy is getroud met die pianis Johan van Rensburg. Hulle het saam in Amerika gewoon toe hulle albei verder studeer het. Daar het Hugo ‘n meestersgraad in sang aan die New England Conservatory of Music in Boston behaal. Van Rensburg en Hugo het twee kinders, Riaan en Anri, en is grootouers. Hugo is bekend om treffers soos “Môre lyk dit anders”, “Troepie Doepie” en “Tikkie Vryheid”. Sy het ook lank saam met die ontslape tenoor Gé Korsten getoer. Hugo is as die jongste van drie kinders in Umtata in die Oos-Kaap gebore. Sy het in Springs aan die Oos-Rand gematrikuleer. Sy en Van Rensburg het mekaar in Potchefstroom ontmoet waar hy leier van die Alibama-studentegeselskap was en sy B.Mus gestudeer het. Hy het haar oortuig om in dié geselskap te sing. Later, in 1978, het hy haar ook oortuig om aan die ATKV se Crescendo-kompetisie in 1978 deel te neem. Hy het die liedjie geskryf wat sy gesing het en hy het die liedjie-afdeling gewen en sy die sang-afdeling. Hugo se debuutalbum is in 1983 uitgereik.
AJ Opperman tweet mediaAJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
4
68
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die skrywer Elise Muller, wat in 1957 die Hertzogprys vir haar kortverhaalbundel Die vrou op die skuit ontvang het, is op 11 Maart 1919 in Ceres gebore. Sy was die oudste van ses kinders en haar pa was ‘n predikant. Die gesin het onder meer in Bonnievale en Nieuwoudtville gewoon en Muller het in 1936 in Calvinia gematrikuleer en in 1938 aan die Paarlse Opleidingskollege ‘n primêre onderwysdiploma behaal. Op haar 20ste verjaardag is tuberkolse by haar gediagnoseer. In hierdie tyd was sy ‘n BA-student aan die Universiteit Stellenbosch (US). Muller het jare lank met haar gesondheid gesukkel. In Calvinia het ‘n dokter, Jannie de Villiers, wat later die US se rektor sou word, aan Muller genoem ‘n dokter in Kaapstad eksperimenteer met die verwydering van ‘n besmette long. ‘n Long van Muller is in 1950 verwyder, maar sy het lank geneem om te herstel. Muller het in 1978 afgetree en op 5 November 1985 in die Strand gesterf.
AJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
3
74
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Johannesburg op ‘n Saterdagmiddag.
AJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
2
39
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Dink ek nou aan Fanie Olivier se gedig “Besoekersboek”.
AJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
1
33
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die skrywer en dramaturg W.A. de Klerk is op 7 Maart 1917 gebore. Willem Adriaan de Klerk is in die Paarl gebore en het aan die Grey Kollege in Bloemfontein gematrikuleer. Daarna het hy aan die Universiteit Stellenbosch (US) sowel ‘n BA- as LLB-graad verwerf. De Klerk is bekend om boeke soos Die belydenis van Nelia Bell en Die uur van verlange. Eersgenoemde is tot die rolprent Sien jou môre verwerk. Hy is ook die skrywer van toneelstukke en hoorspele. Hy en Gerhard J. Beukes het in 1952 saam die Hertzogprys ontvang, maar daar was teenkanting, onder andere deur die digter en resensent W.E.G. Louw. De Klerk het op die plaas Saffier in die distrik Klein-Drakenstein naby die Paarl geboer. Hy het Saffier in 1990 verkoop en is in 1996 in sy huis in Courtrain in die Paarl aan ‘n hartaanval dood. Hy is in die Klein-Drakenstein-begraafplaas naby Saffier begrawe.
AJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
1
101
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Op Lina Spies se verjaardag.
Nederlands
0
1
1
74
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die digter Lina Spies is vandag 87. Sy het in 1971 met die bundel Digby vergenoeg gedebuteer. Daarin verskyn onder meer “Vir Anne Frank van Het Achterhuis”, die eerste gedig van haar wat die digter D.J. Opperman onvoorwaardelik aanvaar het. Sy is nie Joods nie, maar het ‘n verbintenis met die geloof, wat in haar geboortedorp, Harrismith in die Noordoos-Vrystaat, begin het. Sy was op hoërskool bevriend met twee Joodse seuns, Ivan Katz en Bernard Helman, en terwyl sy in Amsterdam gestudeer het, het sy by ’n oorlewende van die Auschwitz-konsentrasiekamp geloseer. Spies het haarself al as ’n Ou Testamentiese gelowige beskryf. Carellina Pieternella – “ek het die blerrie name so gehaat” – is op 6 Maart 1939 in Harrismith gebore. Sy is na haar ouma aan moederskant vernoem. As ’n kleuter (sy is die oudste van drie dogters) het sy en haar ouers twee jaar lank in Stellenbosch gewoon omdat haar pa verder gestudeer het, maar het daarna na Harrismith teruggekeer waar haar pa hoof van die laerskool was. Stellenbosch was uiteindelik die dorp waarheen sy ná skool teruggekeer het om te studeer. Sy het ook later in Amsterdam gestudeer. Spies het voorheen ’n studie voltooi waarin sy ’n vergelyking tussen die Amerikaanse digter Emily Dickinson en die Suid-Afrikaans gebore digter Elisabeth Eybers se werk tref. Buiten Opperman, het sy Eybers goed leer ken waar hulle mekaar destyds in Amsterdam ontmoet het. Sy was ook goeie vriende met die digter Olga Kirsch, wat later in Israel gewoon het en daar oorlede is.
AJ Opperman tweet mediaAJ Opperman tweet mediaAJ Opperman tweet mediaAJ Opperman tweet media
Nederlands
0
1
4
134
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die Liedjieboer, Anton Goosen, is vandag 80. Hy het die afgelope week weer konsert gehou en beskryf sy lewe as een vol vreugde. Goosen is bekend om treffers soos “Boy van die suburbs”, “Jantjie”, “Kruidjie-roer-my-nie” en “Brief vir Simone”. Goosen was lank gelede ‘n vryskut musiekskrywer vir Beeld en Huisgenoot. Sy eerste onderhoud vir Huisgenoot was ook die sangeres Sonja Herholdt se eerste een. Herholdt is een van verskeie kunstenaars vir wie hy liedjies geskryf het. Goosen is op 5 Maart 1946 in Middelburg in die Oos-Kaap gebore. Hy was vyf toe die gesin na Kroonstad in die Vrystaat verhuis het. Hy het aan die Hoërskool Goudveld in Welkom gematrikuleer. Daarna het hy aan die Heidelbergse Onderwyskollege gestudeer. By St. Stithians het hy onder andere vir John Leyden, stigter van die musiekgroep Mango Groove, skoolgehou. Goosen het verskeie pryse ontvang. Verlede jaar het hy ‘n Aitsa-eerbewys vir sy lewensbydrae ontvang. Op die Klein-Karoo Kunstefees in 2016 het hy gesê: “Stage is ’n verslawing. Dit is die teenoorgestelde van verwerping.” Foto: Anena Burger
AJ Opperman tweet media
Nederlands
2
1
4
102
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die sangeres Carike Keuzenkamp is vandag 79. Keuzenkamp is in Den Haag, Nederland, gebore. As kleuter het sy en haar gesin per skip na Suid-Afrika gereis om hier te kom woon. ’n Sangloopbaan was nie in haar visier nie. Toe sy aan die Universiteit van Pretoria (BA met tale en kunsgeskiedenis en HOD) gestudeer het, wou sy net ma en eggenote wees. Die jaar 1967 het egter ‘n paar dinge opgelewer. Sy was joolkoningin en het in Jamie Uys se rolprent Die professor en die prikkelpop verskyn– ’n kort toneel waarin sy met lang hare die liedjie “Timothy” sing terwyl sy ook kitaar speel. Keuzenkamp se pa het gedink dié liedjie wat Dopper Erasmus geskryf het, moenie verlore gaan nie. Die man by EMI het na ’n klein bandmasjientjie geluister en gevra of hulle dit die volgende week kan opneem. In daardie stadium was Keuzenkamp nog nooit voor ‘n mikrofoon nie. Foto: Murray Louw.
AJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
1
79
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die draaiboekskrywer en regisseur Frans Kalp verjaar vandag. As akteur het hy in reekse soos Kinders van die sabbatsee en Ballade vir ‘n enkeling verskyn. Hy het in Odendaalsrus in die Vrystaat skoolgegaan; op laerskool in ‘n plaasskool met die naam Nelsdrif en daarna aan die Hoërskool Wessel Maree. Hy het drama aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer. Hy het die reeks Vierspel geskryf en was lank aan die sepie Egoli: Plek van goud verbonde. Hy het 2010 begin werk by Stark Films, wat die sepie Binnelanders vervaardig.
AJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
0
104
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die sanger Jurie Ferreira is vandag 105 jaar gelede gebore. Johannes Jurgens Ferreira is in Ventersdorp in Noordwes (destyds Transvaal) gebore. Dis ook waar hy gematrikuleer het. Hy het ‘n tweelingbroer gehad. Hy het as kind die eerste keer aan ‘n kunswedstryd deelgeneem. Ferreira, wat in ‘n stadium aan die Spoorweë verbonde was, het liedjies gesing soos “Die swaeltjie”, “Die blonde matroos”, “Tahiti” en “Boereseun”. Ferreira het in die fliek Kom saam vanaand, saam met Al Debbo en Frederik Burgers opgetree. Daarna het nog verskynings in flieks gevolg. Ferreira was met Mathilda Kruger getroud en hulle het twee seuns. Hy is later met Sue Kitching getroud. Hulle was getroud tot en met sy dood in 2002 in Pretoria.
AJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
1
60
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Dis oupa Klaas se eerste verjaardag sedert sy afsterwe in Desember op 93. ‘n Spesialis het hom in 2004 nie sonder rede moeilik genoem nie, maar Oupa het ons oor die jare heen dikwels heerlik laat lag. Die kuiers by Van Nieropsingel 10 was gesellig.
AJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
2
69
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Aansit vir ete vroegaand.
AJ Opperman tweet media
Nederlands
1
0
5
61
AJ Opperman
AJ Opperman@AJOpperman·
Die digter en dramaturg Pieter Madibuseng Odendaal is vandag 37. Sy bundels Asof geen berge ooit hier gewoon het nie en Ontaard het onderskeidelik in 2018 en 2023 by Tafelberg verskyn. Vir sy eerste bundel het hy in 2019 die Ingrid Jonker-debuutpoësieprys ontvang en in Ontaard skryf hy onder meer oor queerwees. Sowel ‘n Engelse as Spaanse vertaling van sy twee bundels is verlede uitgegee. Die Spaanse vertaling het geskied danksy PEN Afrikaans se Vertaalfonds. Odendaal het die gedigte in Engels vertaal en sy man, die digter en vertaler Jorge Alejandro Ccoyllurpuma, het die Engelse gedigte in Spaans vertaal.  Sodoende het A Corpse Is Also a Garden (uHlanga) en Un Cadáver También es un Jardín (Lustra Editores) verskyn. Odendaal se debuuttoneelstuk, Droomwerk, het in 2023 op die Nasionale Kunstefees in Makhanda gedebuteer. In 2021 is Odendaal met ’n ATKV Woordveertjie vir die beste nuwe teks bekroon. Odendaal dra die bundel A Corpse Is Also a Garden op aan sy oom Thomie Holtzhausen, wat queer was en verlede jaar dood is terwyl Odendaal in die finale fase van die manuskrip was. Odendaal het onder die indruk van veeltalige poësie gekom toe hy die uitvoerende direkteur was van InZync Poetry, ’n nieregeringsorganisasie wat hom verbind tot die uitbreiding van veeltalige en multi-genre poësieplatforms in Stellenbosch en Kaapstad. Ontaard is tot ‘n musiekproduksie verwerk. Odendaal is in Pretoria gebore. Later het die gesin na Bloemfontein verhuis. Hy was drie jaar in Grey Kollege Primêr. Daarna was hy in die Hoërskool Jim Fouché.
AJ Opperman tweet mediaAJ Opperman tweet media
Nederlands
0
0
0
46