Ek het gehuil toe jy my by die agterdeur los. Dis nou eers wat ek besef, dit was nie hartseer trane nie. Dit was trane van verligting. Want ek is soveel beter af sonder jou.
Ek het altyd gehoop dat jy my nie sal vergeet nie. Dat jou hart ook elke aand na myne sal roep. En dat jou gedagtes ook gevlek sal wees met herinneringe van my.