❄️*_*jolize0414*_*❄️ retweetledi
❄️*_*jolize0414*_*❄️
1.6K posts

❄️*_*jolize0414*_*❄️
@jolize0414
🇿🇦Daydreamer🎼Night thinker🍹Introvert🎨Happily married🎭Dog 🐾lover🐕 No DM 🚫
Katılım Aralık 2021
2.7K Takip Edilen578 Takipçiler
❄️*_*jolize0414*_*❄️ retweetledi
❄️*_*jolize0414*_*❄️ retweetledi

@Doorsman007 @WhiteLionII1 Eish…net gister weer n sakkie Cerebos gekoop. Sal beter keuses moet maak 🫣
Nederlands

@WhiteLionII1 Jy kan google as jy werklik nuuskierig is.Iets met die minerale en oorsprong te doen.
Cerebos is egter swak sout.Bly weg.
Nederlands

@WhiteLionII1 Tan met jou lyf vol baba olie gesmeer, dan hardloop deur die spreier op die grasperk..
Nederlands

Lank, lank gelede......
Ek praat nou van die tyd van wegkruipertjie in die park, van die kafee op die hoek, 'hop scotch' vir meisiekinders.. 'alie'-tyd by die skool met n ghoen.... touspring, klippie en 'handstands' en donkie; krieket in die groot agtertuin, dan swem in die sinkdam of skoon riviere. Kamp op die stand was nie taboe, 'n swaai gemaak van tou met tamatie kasplank vir sitplek aan die groot appelkoos-boom; foefie slide se seer boude. Rugby op die oop stuk veld; tennis en spoorsny in die grond strate.
Die reuk van koekiesbak uit die kombuis; gemmerbier in die spens, kougom vir 'n pennie, roomys by die kombi met 'n eentonige deuntjie🎵🎶"gues who dies on the bus today🎵
Wag, wag kan jy nog onthou.... toe om-die-hoek vêr was; toe jy moes was en aantrek om saam dorp toe te gaan. Husse met lang ore!!
Honderde muskietbyte toe jy met oop vensters kon slaap, stukkkende knieë en repe vel afdop in die somer. In winter is dit op mielieblare speel, ai ai daai aand as jy bad die brand! Taaitoffie-appels en sand in die swemklere en oral. "Cowboys en kroeks", 'rounders' en boomklim; modderkoekies bak.
Skooltoe loop sonskyn of reen. Ringe ring a rosy speel tot jy op die gras neerslaan sonder asem. Onder die hande klap, wolf wolf hoe laat is dit? Lag tot jou maag pyn. Rondomtalie draai tot jy dronk-dronk val. Moeg en vuil gespeel...
Waterbomme en kleilat was jul grootste wapens. 'n Stukkie karton in die speke het jou fiets laat sing.
Ek's nog nie klaar nie.... kan jy nog proe en ruik: die droë jelliepoeier uit die pakkie; of droë sjokolade poeier met suiker vir sjokolade; yslollies in Tupperhouertjies gevries van aanmaak koeldrank; jou eie suurpoeier van versiersuiker en Eno's; borrels blaas met seepwater en 'n strooitjie, lang ure se kook aan 'kondensmelk' tot karamel; Wilson's en Sharps taai toffies; malvalekkers, vissies en lang stukke 'liquorish' of 'drop.'
Onthou toe die enigste tekkies wit seilskoene was, maar die enigste keer wanneer jy dit mag dra was vir PT of netbal wedstryd.
Dit was nie vreemd om 2 of 3 'beste' maats te hê nie. Niemand het betaal vir 'n troeteldier nie. As jy gelukkig was het jy 10 tot 25c vir sakgeld of vir die kermis gekry.
Almal se ma's was by die huis as die skool uitkom.
Onthou hoe 'n slim pa kon toor as hy sy duim aftrek of 10c agter jou oor uithaal.
Die lekkerte van by die padkafee of drive-in gaan eet - uiteet by 'n restaurant of hotel was taboe vir kinders.
Onthou toe niemand 'n wenkbrou sou lig as enige ouer 'n kind berispe of in die werk gesteek was en almal op die werf kosgee as dit etenstyd is nie.
Om by die skool gestraf te word was niks in vergelyking met wat tuis wag as ma daarvan hoor nie, basies was ons doodbang - nie vir aanranding, dwelms, bendes, ens nie. Grootmense was 'n groter bedreiging - baie van ons is vandag nog bang vir wat Pa daarvan sal dink.
Het dit nie goed gevoel nie.... die onthou .......
Onthou nog toe besluite geneem is met "eeny-meeny-miney-mo." Olka bolka riebietjie stolka om te besluit wie gaan toehou! Foute was omseil met 'n eenvoudinge "nixs daps."
Geldsake was net in 'Monopoly."
Die ergste wat jy van die 'ander' geslag kon kry was kieme.
Gevang met 'n wapen by die skool was die BIC pen 'pea shooter' waarmee jy die klasmaats agter die oor probeer piets het of dalkies 'n kettie op die speelgrond.
'Verdowingsmiddel' het beteken "Milk van Magnesia" of Lewensessens.
Moed is ontdek as iemand jou "dare".
Ouer broers was die grootste boelies maar ook die beste beskermers.
As jy meeste van die dinge onthou, dan het jy GELEWE!
Dit was wonderlike tye!
Nederlands

❄️*_*jolize0414*_*❄️ retweetledi

@Cardia_79 @zee_martinho Ek het dit nodig…! Moet net..😊
Nederlands
❄️*_*jolize0414*_*❄️ retweetledi
❄️*_*jolize0414*_*❄️ retweetledi
❄️*_*jolize0414*_*❄️ retweetledi
❄️*_*jolize0414*_*❄️ retweetledi

@BeyteljieRene Geniet jou nuwe plekkie, maak dit joune..! 😍🌷
Nederlands
❄️*_*jolize0414*_*❄️ retweetledi























