100.5fm

4.6K posts

100.5fm banner
100.5fm

100.5fm

@RadioLaeveld

As dit in die Laeveld gebeur is dit op 100.5fm Radio Laeveld. 100.5% Familie Radio.

Nelspruit, Mpu, Suid Afrika Katılım Ağustos 2009
850 Takip Edilen2K Takipçiler
100.5fm
100.5fm@RadioLaeveld·
'n Man (47) en vrou (39) van die #VSA is Donderdag op pad na die #Krugerwildtuin ontvoer en beroof. Die FBI het met die ondersoek gehelp en 'n verdagte is vasgetrek. Weens die sensitiwiteit van die ondersoek kan sy naam nie tans bekendgemaak word nie. radiolaeveld.co.za/vsa-paartjie-o…
Nederlands
1
1
1
88
100.5fm
100.5fm@RadioLaeveld·
Witrivier het reeds 3 dae lank nie water nie, en is vanoggend ook verras met die herinstelling van #beurtkrag. Die dorp is vroeër kwytgestel weens 'n ooreenkoms tussen Sonae Arauco, en #Mbombela. Eskom het egter nou geappèlleer teen 'n hofbevel. radiolaeveld.co.za/witrivier-reed…
Nederlands
0
0
0
77
100.5fm
100.5fm@RadioLaeveld·
Die borgaansoek van 7 mense wat aangekla word weens 'n #transitoroof wat op 11 Augustus naby #Malalane uitgevoer is, is tot môre in die Tonga-hof uitgestel. Onder die aangeklaagdes is 3 beamptes van die Witrivier-blitspatrollie, wat intussen ontbind is. radiolaeveld.co.za/vermeende-tran…
100.5fm tweet media
Nederlands
0
0
0
47
100.5fm
100.5fm@RadioLaeveld·
Drie verdagtes Verskyn vandag in die #Baberton-hof op aanklag van moord. Volgens die polisie is 'n man van #eSwatini in die vroeë oggendure van Saterdag dood aangetref. Die voorval het vermoedelik deur 'n argument oor alkohol ontstaan.
Nederlands
0
0
0
252
100.5fm
100.5fm@RadioLaeveld·
'n #Wyksraadslid van #Mbombela sal na verwagting môre formeel vir borgtog aansoek doen. Mandla Siboza is op 4 September in hegtenis geneem op ‘n klag van opsetlike saakbeskadiging. Hy het na bewering hangslotte en deure by 'n sekondêre skool in #Pienaar beskadig.
Nederlands
0
0
0
21
100.5fm
100.5fm@RadioLaeveld·
’n #Ongeluk waarby twee sedans op die #N4-tolpad naby Vosman in Emalaheni betrokke was, het vanoggend vroeg die lewens van ses mense geëis. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid het die een van agter teen die ander gebots. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Nederlands
0
0
0
46
100.5fm
100.5fm@RadioLaeveld·
Twee mans en 'n vrou is vanoggend dood in 'n #ongeluk op die #R40 in #Nelspruit toe twee taxi's gebots en omgeslaan het. Al drie slagoffers was passasiers. Verskeie insittendes is ook beseer en hospitaal toe geneem vir behandeling.
Nederlands
0
0
0
73
100.5fm
100.5fm@RadioLaeveld·
‘n Mosambiekse burger is tot nege jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy met ‘n jaggeweer in die #Krugerwildtuin betrap is. Thomas Yingwana (35) het ook die land en park onwettig betree. Hy het skuldig gepleit op die aanklagte en is Donderdag deur die #Skukuza-hof gevonnis.
Nederlands
0
0
0
35
100.5fm
100.5fm@RadioLaeveld·
As die woorde: "Dinamies", "Energiek", "Kreatief", "Selfstandig" en "Avontuurlustig" deel van jou persoonlikheid beskryf dan is "JY" die persoon wat ons soek om deel van die span te word. Alle kontak besonderhede is by radiolaeveld.co.za beskikbaar. #TrotsLaeveld
100.5fm tweet media100.5fm tweet media
Nederlands
0
0
0
39