vlindersiel

166 posts

vlindersiel banner
vlindersiel

vlindersiel

@vlindersiel

South Africa Katılım Ocak 2017
84 Takip Edilen376 Takipçiler
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Die uitsig van sterre in die donker is, roerloos, roerend.
Nederlands
0
1
8
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Gaan jy uiteindelik net nog iets wees wat ek moet oorleef?
Nederlands
0
5
8
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Jou teenwoordigheid bring 'n stilwees in my sodat ek vir die eerste keer in 'n lang tyd weer my eie hart kan hoor.
Nederlands
0
0
6
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Jy was my self-behoud terwyl my binnemure verkrummel en my heelal grond toe val en ek onsamehangend iewers tussen gister en môre myself probeer vind.
Nederlands
0
3
12
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Vir jou sal ek stil staan. Ek sal vir eens ophou hardloop. Net vir jou sal ek dit doen.
Nederlands
0
4
8
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Miskien sien ons eers werklik die lig as die donkerte ons totaal en al omring.
Nederlands
0
1
3
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
As die donker my kom haal En asemhaal moeilik raak As ek gestroop en kaal, dink niks maak meer saak. Sal jy my kan leer leef na ek vir so lank nie wou? Of sal ek vir altyd streef na alles behalwe 'n bestaan bou?
Nederlands
0
7
15
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Jy is waardig. Ek weet hoe hard jy teen die teendeel gedagtes in jou kop baklei. So hou aan veg. Jy is dit aan jouself verskuldig om uit te vind dat lewe die moeite werd is.
Nederlands
0
6
13
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
In al die vol vertrekke dwaal my oë doelloos opsoek na jou. In die wêreld binne my bly almal vreemdelinge. Want ek het agtergebly in die straat daar waar jou kar se ligte finaal om die draai verdwyn het. Nou is gesprekke woorde sonder klanke. Als sinneloos.
Nederlands
0
5
10
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Dit wat ek in jou oë sien as jy na my kyk gee my hoop dat more beter sal wees.
Nederlands
0
3
16
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Voor jou kon ek nie glo in hoop nie, ek was te bang. Want die lewe het my keer op keer laat opkyk na 'n sterrelose hemel en in die donker laat struikel oor my stukkende drome. Saam met jou weet ek nou daar is 'n lig aan die einde van dit alles.
Nederlands
1
5
4
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Jy het nog net my donker kant beleef. Hoe wens ek nie ek kon vir jou kaalvoet dans in die reën soos toe ek 18 was en nog halfpad heel was nie. Dan sou jy kon hoor hoe my lag geklink het. En geweet het hoe my lippe geproe het sonder die sout van trane.
Nederlands
0
6
16
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Jy laat my vergeet dat ek eintlik lankal ophou voel het. Die leegheid binne my vind vervulling in jou teenwoordigheid.
Nederlands
0
2
6
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Jy het my met opregte besorgdheid diep in my oë gekyk en gesê:"Soms maak hoeveel jy soveel voel my bang."
Nederlands
0
3
1
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
My oë soek na jou in elke vertrek waarby ek instap.
Nederlands
0
4
10
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
My storie is vol stukkende drome en seer-wees in die stilte.
Nederlands
0
6
7
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Vanaand brand die verlange na jou in my hart weer vel. Dans droombeelde van verlore oomblikke in my gedagtes rondomtalie. Op die note van gister se onthou.
Nederlands
0
2
5
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Soms is die verniettiging van die verkeerde ding op die verkeerde tyd gesê so vel dat enige kans op herstel tevergeefs is.
Nederlands
0
3
5
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Ek het alles wat ons was verbrand tot as En dit in die see gestrooi Met die weggooi Het my vingers gebewe maar ek wou net so graag lewe sonder my bestaan wat gestagneer het in jou wentelbaan Ek wou net weer wees ek wou net die ek wees sonder jou.
Nederlands
0
10
21
0
vlindersiel
vlindersiel@vlindersiel·
Jy het my gisteraand vertel hoe die harde woorde tussen jou ma en pa jou kleintyd uitmekaar geruk het en jou tyd vir stukke optel min was in 'n huis vol gebreekte mense. "Hulle het iewers gedurende hulle weerdersydse vernietiging my menswees verwoes."
Nederlands
0
7
22
0