

DiBroodryk♏️
16.9K posts

@DiBroodryk
SA mother, wife, journalist, community, Good Morning Angels on Jacaranda FM. If as one person I can't change the world, let me change the world of one person.





#MevrouMevrou weet nou hoekom 2025 gevoel het soos 'n jaar waarin hulle vir die slang in die lang gras moes soek, en die ander slange eers goed uit die boom uit moes kyk. Vir @DiBroodryk was dit ook 'n jaar wat moontlik haar lewe gered het. @jacarandafm tinyurl.com/msf88yvn

#MevrouMevrou het die blou swembad, die rook masjien, die disko bal en die luidspreker - hier kom 'n reuse Desember partytjie om die bure bietjie aan die praat te kry! @DiBroodryk moet nou net haar Fees kalender uitruk tinyurl.com/3j33vk9t

#MevrouMevrou en die WhatsApp groepies! Sy wil nou nie iemand in die gesig vat nie, maar wanneer kan Mevrou maar haarself afhaal en die groepie toemaak? @DiBroodryk sê wanneer die WhatsApps niks meer tot jou lewe bydra nie. @jacarandafm tinyurl.com/5t2n4pss

#MevrouMevrou mis die vroeë Fees Seisoen gevoel van vrede, toe die twee stry kry oor wie kwalifiseer vir 'n toegedraaide Kersfees geskenk onder die boom. Daar spat die tinsel! @DiBroodryk @jacarandafm rb.gy/m5yopm

#MevrouMevrou reken die "G" in G20 staan vir Gee -aangesien dié wêreld beraad vir Gauteng skoon strate, werkende verkeersligte en nuut geverfde padtekens Gee. Dit moet nou net vir lank na November aanhou Gee! @DiBroodryk @jacarandafm tinyurl.com/yc89hw4w



#MevrouMevrou is skielik in 'n nostalgiese bui - wat oor hulle val net soos die pers Jakaranda blommetjies. Kaalvoet skool toe (@DiBroodryk), skoolkoshuis dae, en die herinneringe van Jakaranda bome dwing Mevrou tot 'n stilstand. @jacarandafm tinyurl.com/3pke48mb

#MevrouMevrou wen nog 'n toekenning! En gee handsakke vol kosbare inligting gratis weg oor hoe om die einde-van-die-jaar se toekennings aande en werksfunksies soos 'n wenner te oorleef. @DiBroodryk hou nie van in 'n ry staan vir kos nie...... @JacaNews url-shortener.me/61LB

#MevrouMevrou Die Mevrouens sien rooi soos al die verkeersligte wat hulle nou bloot ge-ignoreer word. Het iemand die pad reëls verander en vergeet om hulle te sê? Ek lê klaar op my toeter die hele dag. Faks my die nuwe padwette, vra @DiBroodryk. sl1nk.com/ZCQ6T @JacaNews



